12 gaste
6 slaapkamers
10 beddens
3 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 18 Branderdraai Street, Sandbaai, Hermanus, 7201, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Mystic Breeze is 'n bekoorlike vakansiehuis in Sandbaai, Hermanus. Dit bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal vir gesinne of vriende is wat op soek is na vakansieverblyf naby die strand.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste twee slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die laaste 4 slaapkamers het elk 'n 2 enkelbeddens. Die eerste gedeelde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad en die derde badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die sitarea op die onderste verdieping het gemaklike sitplek, kaggel en 'n groot etenstafel. Die kuierarea op die boonste verdieping het oorgenoeg sitplek, 'n TV en 'n pooltafel. Elkeen van die leefareas lei na 'n stoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai.
Die boonste stoep het 'n gedeeltelike see-uitsig en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie verblyf is naby winkels en restaurante en is ongeveer 750 m vanaf Sandbaai se strand via Sandbaai se kuspad wat 'n gewilde staproete is.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Selfsorg
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2 000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R1 200 per bespreking
Rook is binnenshuis verbode.
Harde musiek en partytjies word nie op die perseel toegelaat nie.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Geen groepe leerders, matrieks of studente word sonder toesig toegelaat nie.
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |