8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 3261 Naboom Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Nathi Guest House bied gerieflike, eko-vriendelike selfsorgverblyf in Marloth Park en is net 100 m vanaf die Krokodilrivier wat tussen Marloth Park en die Krugerwildtuin loop. Gaste kan rustig rondloop of skemerkelkies op die rivier drink waar mens gereeld die Groot 5 kan sien of by die swembad ontspan en vir die diere wag om nader te kom.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, eetkamer, sitarea en 'n groot beskutte stoep. Al die slaapkamers het lugversorging. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8. Die sitarea het gemaklike banke en 'n platskerm-TV. Die sitarea het stapeldeure wat na 'n stoep lei met buitemeubels en gasbraaigeriewe. Die huis het ook 'n lieflike plonspoel.
Daar is baie diere wat reg voor die huis kom wei ─ gaste kan dus op die stoep sit en na die sebra en kameelperd kyk.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lisa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 3261 Naboom Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Nathi Guest House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
3261 Naboom Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang