Nautilus Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 40 % af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Nautilus Cottages is in Boknesstrand geleë, halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, 20 km vanaf Alexandria en 8 km van Boesmansrivier en Kenton-on-Sea af.

Verblyf word in 2 eenhede gebied. Nautilus l is ’n tweeslaapkamer-eenheid, die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort en toilet, en linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid het ’n kombuis wat volledig toegerus is, eetarea en sitarea. Daar is ’n oop dek met ’n braai-area. Die eenheid het ’n volle see-uitsig en direkte toegang tot die strand. Daar is sekuriteits-laserstrale op die perseel.

Nautilus ll is ’n enkelwoonstel met 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die kombuisie is toegerus met ’n braaipad, broodrooster, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het ’n stoep met privaat braai en buitestort, asook ’n beperkte see-uitsig. Ander geriewe sluit linne, badhanddoeke, verwarmer, TV, radio en alarm in.

Boknesstrand is ’n klein kusdorpie in die Oos-Kaap naby Cannon Rocks, Kenton-on-Sea, Alexandria, Boesmansriviermonding en Port Alfred.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautilus Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R300 per nag (plek vir 2)

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za