LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ndzalama Nature Reserve and Lodge | LekkeSlaap
+25

Ndzalama Nature Reserve and Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rubbervale-weg, tussen Eiland-teerpad, R71, Ndzalama Reservaat, Gravelotte, 0895, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ndzalama Nature Reserve and Lodge is in die Laeveld in Limpopo geleë en bied gerieflike verblyf op 'n 14 000 ha-natuurreservaat, 84,7 km van die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek af. Geniet asemrowende uitsigte vanaf enorme rotse in 'n rustige omgewing.

Verblyf word in 6 luukse chalets en 'n gesinskothuis aangebied. Elke chalet het slaapplek vir 2 gaste op 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elke chalet het 'n privaat badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet, sowel as 'n buitestort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Elke chalet het ook 'n klein koffiestasie met 'n Espresso-koffiemasjien, 'n sitarea en 'n stoep met braaigeriewe. Daar is ook 'n yskassie, kas en 'n kluis.

Die gesinskothuis is 'n selfsorg-chalet en beskik oor 'n privaat slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort, en 'n aparte oopplan-kombuis en -sitarea met 2 ekstra enkelbeddens. Die kombuis is met 'n yskassie, stoof, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.

Ontspan by die hooflapa en braai-boma, of koel lekker in die swembad tussen die natuurlike rotse af. Wildritte kan teen 'n ekstra fooi bespreek word. Ander doendinge by die lodge sluit voëlkyk en sterrekyk in. Maaltye is beskikbaar en kan teen 'n ekstra koste by die lodge bespreek word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Rubbervale-weg, tussen Eiland-teerpad, R71, Ndzalama Reservaat, Gravelotte, 0895, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rubbervale-weg, tussen Eiland-teerpad, R71, Ndzalama Reservaat, Gravelotte, 0895, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkd0NaC8r3qvLhjD5e3CyxjrFOz1gmvfCanEc1Gj5dHoWcISHVn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) Rubbervale Road, between Eiland tar road R71, Ndzalama Reserve 0895 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -23.817896523577 30.596978482209
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!