Nebo Mountain Lodge
Beskrywing
Nebo Mountain Lodge bied verblyf op 'n werkende plaas is die pragtige Oos-Vrystaat. Gaste kan die mooi natuurskoon geniet terwyl hulle in ruim chalets met gerieflike koningingrootte-beddens, warm duvets en en suite-badkamers met storte en baddens bly. Daar is ook selfsorg-eenhede.
Mathabo is 2 aparte kamers met 'n gedeelde badkamer met 'n bad en 'n kombuis. Dis ideaal vir 'n gesin. Die solder het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens bo en 'n oopplan-leefarea en badkamer met 'n bad onder. Die solder het ook 'n dek waar gaste kan braai en ontspan.
'n Ontbyt, middagete of aandete uit ons plaaskombuis kan vooraf bespreek word. Daar is verskillende doendinge en ervaringe in die omliggende dorpies, of jy kan net lekker ontspan by Nebo.
Die pragtige omgewing en ongekunstelde toneel sal jou baie gou rustig stem. Staan verstom voor die uitsigte, beleef ons gasvryheid, drink ons verfrissende fonteinwater, voel klein onder die helder sterrehemel en ontspan!
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Baarshengel
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Nebo Mountain Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |