Neighbourgood 84 Harrington
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 17 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 102 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harrington-straat 84, Distrik Ses, 7925, Wes-Kaap
-
Vanaf
R975R731 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Neighbourgood 84 Harrington bied kontemporêre selfsorg-vakansieverblyf met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en oor die stad. Dit is ideaal vir enkelreisigers, toeriste of sakereisigers op soek na verblyf in die hartjie van die Moederstad.
Die woonstelhotel bied verblyf aan in 6 Deluxe-ateljees, 9 Executive-ateljees, 6 Klassieke Eenslaapkamerwoonstelle, 6 Deluxe Eenslaapkamerwoonstelle, 4 Executive Woonstelle met slaapplek vir 1 en 4 Executive Woonstelle met slaapplek vir 2. Alle woonstelle, behalwe die met 2 slaapkamers wat slaapplek aan 4 gaste bied, kan 2 gaste akkommodeer. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Elke woonstel het ook 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. Sommige eenhede het toonbanke en sommige eenhede het etenstafels waar gaste maaltye kan nuttig. Daar is ook gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV in elke eenheid. Sakereisigers of gaste wat moet werk sal bly wees om te verneem dat daar ook 'n lessenaar en gratis WiFi in elke eenheid is.
Alle gaste het volledige toegang tot geriewe op die perseel wat 'n swembad, gedeelde werkspasies, vergaderkamers, 'n welweessentrum, wasgoedgeriewe, 'n buitedek op die dak en 'n restaurant en kroeg insluit. Die gebou is ongeveer 3 km vanaf die KIKS en die Artscape-teater. Die gewilde V&A Waterfront en DHL-stadion is net 5 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Neighbourgood Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 24
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Harrington-straat 84, Distrik Ses, 7925, Wes-Kaap
- Gaste dink Neighbourgood 84 Harrington het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 102 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harrington-straat 84, Distrik Ses, 7925, Wes-Kaap