Njiri Lodge - Your Place in Africa

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Njiri Lodge - Your Place in Africa is in die hartjie van die Afrika Bosveld in die Marlothparkbewarea. Dis net 300 m vanaf die Krokodilrivier wat aan die Krugerwildtuin grens. Njiri Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerhuis. Gaste kan die geluide van die Bosveld geniet terwyl die kameelperde, sebras en koedoes in die tuin wei.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers. Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die ander slaapkamer het 'n koninggrootte-bed.Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die 1 badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad. Al die kamers het 'n plafonwaaier en die deure en vensters het muskietnette. Die kombuis is met 'n toonbank, yskas, mikrogolf, stoof en 'n skottelgoedwasser toegerus.

Die huis bied 'n kuierarea met braaigeriewe, 'n vuurput en 'n plonspoel. Gaste kan op die wal van die rivier sit en die uitsig oor die Krugerwildtuin en die wild geniet. Of gaste kan langs die vuur sit en luister hoe die nagapies gesels. Die ligging is ideaal vir gaste wat die Krugerwildtuin wil besoek en dis net 23,4 km ver.

Gaste kan in die bos langs die Krokodilrivier gaan stap of 'n skemerkelkie op die rivierwal geniet. Die huis het draagbare tafels en stoele wat gaste kan gebruik. Die diere besoek gereeld die huis en alhoewel hulle vriendelik is, is hulle steeds wilde diere. Gaste word daarom versoek om asb. versigtig te wees. Marlothpark bied 'n pragtige voëllewe en wildritgeleenthede met stap, selfrywildritte of begeleide toere. Daar is ook kroeë en restaurante in die park. Njiri Lodge bied begeleide wildritte deur die wildtuin teen 'n ekstra koste.

Slaapplek

'n Bespreking by Njiri Lodge - Your Place in Africa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Njiri Lodge - Your Place In Africa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R720 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za