10 gaste
5 slaapkamers
9 beds
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 11 Disa Street, Onrus River, Onrus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Nonsuch Cottage bied 'n uitsig oor die strand en grens aan die Onrus-strandmeer. Dié bekoorlike kothuis het sy naam gekry omdat daar "none such a place in the world" is nie en dit is al vir amper 100 jaar in die gasheer se familie.
Die kothuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, waarvan 1 'n en suite-badkamer is en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die ander 4 slaapkamers het elkeen enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die ander 2 badkamers het storte. Daar is ook 'n buitestort met warm water. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n skaduryke stoep met buitemeubels en braaigeriewe aan die een kant, en na 'n balkon met 'n sitarea en 'n uitsig oor die see aan die ander kant. Die kothuis het 'n omsetter vir die ligte, TV en WiFi tydens beurtkrag.
Die kothuis grens aan die Onrus-strandmeer en daar is 'n voetgangerhekkie wat toegang tot dit bied. Daar is ook 'n lieflike melkhoutwoudtuin en 'n vuurput. Hout word nie voorsien nie. Nonsuch is net 2 minute se stap van Onrusstrand en die kuswandelpaadjie af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Jeaneke Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 37
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 11 Disa Street, Onrus River, Onrus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Nonsuch Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
11 Disa Street, Onrus River, Onrus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang