LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Norfolk Guest House | LekkeSlaap
+47

Norfolk Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 30, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Norfolk Guest House bied gastekamersen is in Westcliff, Hermanus geleë. Dié perseel is ideaal geleë naby verskeie besienswaardighede asook gewilde plekke om walvisse te gaan kyk.

Norfolk Guest House het 4 kamers wat elk individueel versier is. Pragtige en unieke kunswerke maak die instansie uniek. Die kunstenaars sluit Dale Elliot, Gordon Legg, Pieter van der Westhuizen, Jenny Bowes Meyer, Sally Bekker, Reinier Snapper, Robert Cox, Zwartjes ens. in. Elke kamer het ’n ekstra lang koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke kamer het ’n en suite-badkamer asook ’n goed toegeruste kombuisie met basiese toebehore. Elke eenheid het ’n platskerm-TV met Openview HD en 'n DVD-speler. Daar is ook boeke en DVD's. Komplimentêre toiletware word ook in elke suite voorsien.

Elke suite lei na buite na ’n privaat tuin. Verder het die gastehuis ook braaigeriewe, ’n biblioteek met boeke en DVD's, en veilige parkeerplek op die perseel.

Klein, goedgemanierde, mak troeteldiere is welkom as dit vooraf gereël word omdat die gasheer ook met katte op die perseel bly. Troeteldiere moet asb. te alle tye in 'n mandjie of aan 'n leiband wees wanneer hulle nie in 'n privaat area is nie.

Norfolk Guest House is direk oorkant die onkologie-kliniek geleë en is ook naby Hermanus se Mediclinic. Daar is vele restaurante, winkels, stalletjies en ander biesienswaardighede om in die area te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir Norfolk Guest House
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Kerkstraat 30, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Norfolk Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 30, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd1a8f9e0472d6992829fb3aedae3ebf87bd70879b7392fa879f33f4a1a1f49485d40b5273ad8731496371213934b8b09f15a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900  per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 30 Church Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.42123060467 19.234058260809
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!