Norfolk Pine Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Norfolk Pine Guest House bied B&B-verblyf in Centurion aan. Die herehuis is op die pragtige Mnandi-erwe, in die middel van die perdlandgoedere in Centurion geleë. Die gastehuis het 'n sentrale ligging met baie geriewe in die omgewing, byvoorbeeld die nuwe Forest Hill Mall en historiese plekke soos die Wieg van die Mensdom.

Kom sit op die stoep en kyk uit oor die sonverhitte swembad en die Magalies-bergreeks - jy sal so tuis voel en sommer vergeet dat jy eintlik by 'n gastehuis is. Jy sal ook vergeet dat jy eintlik in die middel van die bos vakansie hou, want dié gastehuis glo hulle bied die perfekte plek om te ontspan en af te koel na 'n lang, warm dag van verken of werk.

Uitstekende vars ontbyt en ander etes is op versoek beskikbaar. Die gastehuis het dubbel-, enkel- en familie-suites. Elke kamer beskik oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, 'n lessenaar, WiFi en 'n asemrowende uitsig. Gaste kan in die klein biblioteek gaan ontspan terwyl hulle die uitsig geniet of van die biljarttafel en swembad gebruik maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Norfolk Pine Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za