Normann Safari Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Normann Safari Bush Lodge en vakansiehuis is in die bos geleë, net 1,5 km soos die kraai vlieg vanaf die Krugerwildtuin en tog ook naby Phalaborwa. Die Krugerwildtuin se ingang en die Hans Merensky Golflandgoed is net 10 minute se ry van die lodge af en Phalaborwa bied restaurante. winkelsentrums, poskantore, banke, hospitale en 'n lughawe vir gaste se gerief.

Verblyf is beskikbaar in 6 2-enkelbedkamers en 'n gesinseenheid. Van die eenhede is rietdak-chalets, terwyl ander kamers in die hoofplaashuis 'n sinkdak het. Rondom die kamers is daar 'n klein tuintjie met 'n aanloklike blousel-blou swembad.

Ontbyt vir B&B-gaste word by die omheinde boma-vuurmaakplek bedien. Teen die tyd dat die son sak is die bosklanke op hulle mooiste en kort daarna kan gaste die pragtige sterbespikkelde hemelruim by die skemerkelkie-area geniet.

Daar is 'n snuffelwinkel by ontvangs, asook 'n klein biblioteek, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ysmaker. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Verder bied Normann Safari Bush Lodge 'n gesinsvriendelike atmosfeer. Kom ervaar die bosveld op jou voorstoep en geniet die verskeidenheid voëllewe, bokspesies en vlakvarke wat by die watergat net anderkant die tuin kom drink.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Deens

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Normann Safari Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za