Noup

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Noup skuil tussen die stil myndorpies, Kleinsee en Koingnaas, aan die Noord-Kaap se Diamantkus. Noup lyk met die eerste oogopslag byna verlate, maar sodra jy die drumpel betree, sien jy dié kothuise is met sorg in bekoorlike selfsorgblyplekke omskep.

Ons bied verblyf in kothuise van klip en sink wat na die Atlantiese Oseaan en die Benguela-seestroom front. Die huisies met verweerde mure en houtwerk wat deur die son verbleik is, is destyds deur diamantmynwerkers bewoon. Elke kothuis het 'n en suite-badkamer en duvets, kussings, lakens en warmwatersakke word voorsien. Elke sitarea het 'n ingeboude kaggel. Die volledig toegeruste kombuise het gasstowe en driepootpotte. Die kothuis se meubels is ongekunsteld en daar is tafels en stoele in die eetkamers. Kragopwekkers voorsien elektrisiteit vir die ligte en paraffienlampe word voorsien. Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas en basiese kruideniersware is by die winkeltjie te koop.

Die Diamantkus is 'n geheimsinnige, ruwe stukkie kus vol verhale van skeepswrakke en natuurskoon wat toeriste van heinde en verre lok. Die grysgroen Strandveld Fynbos wat hier voorkom is maar een van die unieke elemente in hierdie diverse stukkie van die Kaap. Bokke wei rustig in die plantegroei, volstruise pronk op die horison en mens kan dikwels sien hoe die dolfyne daar doer in die see baljaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Noup gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za