Ntoma House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R5 720 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Die Ntoma Huis is na die jakkalsbessieboom wat die landskap afrond vernoem. Dié selfsorghuis is vir 6 gaste geskik, bied besonderse uitsigte vanaf elke uitkykpunt, en is tussen lowergroen maroela-, knoppiesdoring- en hardekoolbome weggesteek.
Ntoma Huis het lugversorging en bied 'n romantiese en intieme ervaring. Dit is die perfekte, versteekte wegbreekplek en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste deel die gebruik van die badkamers wat storte en toilette het. Linne, badhanddoeke, japonne en pantoffels word voorsien.
Die moderne kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel met sitplek vir 8 gaste geniet word.
Die sitarea het 'n TV met 'n HDMI-kabel en gratis WiFi. Gaste kan ook met 'n boek in die klein biblioteek ontspan.
Die leefarea lei na 'n hout-uitkykdek met ekstra sit- en eetareas, asook 'n uitsig oor die swembad en die bos rondom die lodge. Gaste kan skemerkelkies op die boonste dek geniet terwyl hulle die uitsig op die omliggende Drakensberge bewonder.
Gaste kan in die swembad afkoel, in die tuin ontspan, of van die bomabraaigeriewe gebruik maak.
Gaste kan met hulle eie voertuie gaan wildkyk, of by die verhewe voëlkykskuilings by die 2 damme voëlkyk. Ander aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit bergfietsry, stap, perdry, 'n spa, galerye, winkels en kroeë in Hoedspruit in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Mgr Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Ntoma House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo