Nupen Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nupen Manor is in die rustige, boomryke woonbuurt, Pinelands, en bied gerieflike verblyf in 'n ou grasdakhuis met houtvloere wat in 1923 gebou is. Die ligging bied toegang tot sake- en industriële-areas en gewilde toeriste bestemmings wat dit ideaal maak vir sakereisigers en ontspanningsreisigers.

Verblyf is beskikbaar in 3 gastekamers. Elke kamer is toegerus met WiFi, 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, broodrooster, eetgerei, borde, en 'n yskassie.

Gaste het die opsie van 'n Kontinentale of volledige Engelse ontbyt, en aandete is op versoek beskikbaar. Indien gaste enige spesifieke dieet-behoeftes het, hetsy vegetaries, Kosher of enige allergieë, moet die instansie asb. daarvan ingelig word. Die Kosher-opsie word vanaf 'n plaaslike deli bestel, dus kan daar 'n addisionele koste wees.

Die gastehuis bied veilige parkeerplek, 'n lieflike tuin en braaigeriewe. 'n Pendeldiens vanaf die lughawe is beskikbaar en ander toerispakette en reisreëlings kan gereël word.

Die ligging bied toegang tot Vincent Pallotti Hospitaal, Rooikruis Kinderhospitaal, UK se akademiese hospitale, sowel as Tafelberg se kabelkarspoor, die V&A Waterfront, wynroetes, strande, winkelsentrums, Kirstenbosch Botaniese Tuin, Nuweland Rugbystadion, Nuweland Krieketstadion, Kenilworth Racecourse en Groenpuntstadion.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nupen Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]