Nyati Safari Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nyati Safari Bush Camp is 'n eksklusiewe selfsorg-boskamp met hope atmosfeer in Marloth Park. Laasgenoemde is 'n bewarea langs die Krugerwildtuin. Dit is in Mpumalanga se Oostelike Laeveld. Die park deel 'n 17 km lange grens met die Krugerwildtuin langs die Krokodilrivier tussen Malelane- en Krokodilbrughek.

Dié boskamp het 4 chalets. Elke chalet het slaapplek vir 2 gaste en is toegerus met elektrisiteit, plafonwaaiers, yskassies en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Gaste kan rustig aan skemerkelkies teug op die veranda met sy panoramiese uitsig. WiFi is beskikbaar.

Die volgende wild word gewoonlik in Marloth Park gewaar: olifante, buffels, leeus, renosters, rooibokke, koedoes, waterbokke, kameelperde, bosbokke, sebras, luiperds, jagluiperds, hiënas, jakkalse, en seekoeie. As jy gelukkig is sal jy ook wildehonde, en kleiner bokkes, soos duikers en steenbokkies, sien.

Die bekende Leopard Creek Gholfbaan, Malelane Gholfbaan, en Kambaku, 'n juweel van 'n 9 putjie-gholfbaan by Komtaipoort, is lekker naby Marloth Park. Vierwielmotorfietse word nie in die park toegelaat nie, maar dit is wel beskikbaar op 'n aangrensende plaas. Verder is perdritte, olifantritte, en mikrovliegtuigvlugte ook beskikbaar.

Marloth Park het verskeie winkels, swembaddens, kroeë, wegneemeetplekke, restaurante, 'n hardewarewinkel, slagter, vrugte- en groentewinkel, vulstasie, tennisbane en 'n vlugbalbaan. Daar is pragtige uitkykpunte op die Krokodilrivier en wildritte is ook beskikbaar.

Frans en Margie, jou gasheer en gasvrou, sal seker maak jou tydjie hier is onvergeetlik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Switsers
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nyati Safari Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za