Riversdal Akkommodasie by Oakdale Cottages | LekkeSlaap
+70
+70

Oakdale Cottages

  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 67 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R323, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Geleë op die R323 wat na Ladismith lei, net 2 km buite Riversdal, sal jy die kothuise vind. Dié 8 kothuise is opgeknapte huise op 'n plaas wat aan Piet en Irené Lourens behoort. Kom en 'n geniet 'n ontspanne atmosfeer op hierdie melkplaas met koeie omring. Die beste van alles is die uitsig wat jy op die "Slapende Skoonheid" van Riversdal het.

Verblyf bestaan uit 6 kothuise met 'n binnebraai, oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer.

Riversdal is 'n florerende plattelandse dorp langs die nasionale pad (N2) wat Kaapstad - 300 km na die weste en Port Elizabeth - 470 km na die ooste verbind. Riversdal is ideaal geleë en is slegs ’n kort rit na kusdorpe soos Stilbaai, Gouritsmond en Witsand te wees en is ook 'n uitstekende basis vir daguitstappies om die verskeie natuurskoon, interessante plekke, asemrowende staproetes, vlerksweef, visvang en watersport, 4x4-roetes en abseil langs watervalle te geniet.

Riversdal, tuiste van die Slapende Skoonheid-bergpiek - 'n bekende landmerk wat nooit teleurstel nie - het sy naam gekry van die blomparadys van die Tuinroete oor die oorvloed inheemse flora - bekend as fynbos - wat die berge en omringende areas omring. Hierdie blomreënboog blom regdeur die wintermaande.

Met boerdery as die hoofindustrie, is daar koring en graan, vrugte, bees- en melkboerdery, skape en volstruise, uitvoer blomplase en heuningbos-teeproduksie in.

Veiligheid - die belangrikste prioriteit word aan veiligheid en sekuriteit gegee in hierdie misdaadvrye omgewing. Daar is 'n effektiewe polisiediens en aantal veiligheidsmaatskappye asook buurtwag.

Daar is ook dokters en paramediese dienste in die plaaslike hospitaal beskikbaar. Riversdal is 'n malaria-vrye sone.

George Lughawe is 120 km van ons af, maar Riversdal het sy eie vliegveld. Die dorp het ’n gematigde klimaat met reën regdeur die jaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 15 resensies vir Oakdale Cottages
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • R323, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oakdale Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 67 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R323, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ3NGE1OTYzLWMyNzQtNDNjZi1iYjliLWQ1NDU5ZWZmZTNiYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 R323 Riversdale 6670 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.073012994353 21.241314411163
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za