Oceanview

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oceanview bied gerieflike verblyf in die kusdorp, Gonubie.

Dié gastehuis het 2 eenhede: 'n kamer met 'n see-uitsig en 'n kamer met 'n tuin-uitsig. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste en 'n koningingrootte-bed.

Die kamer met 'n see-uitsig het 'n aparte en privaat badkamer met 'n bad en 'n stort en die kamer met 'n tuin-uitsig het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n TV met DStv, lessenaar, verwarmer, 'n waaier en tee- en koffiemaakgeriewe in elke kamer. Die eenhede word daagliks skoongemaak.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike leefarea en 'n kombuis. 'n Ligte ontbyt, buffet-ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar.

Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Gonubie bied verskeie doendinge soos ontspan op die strand, voëlkyk by die strandmeer en stap- en voetslaanroetes. Dis ook net 'n entjie se ry vanaf Oos-Londen wat 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oceanview gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za