Ohange Namibia Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ohange Namibia Lodge is 'n lieflike toevlugsoord oos van Etosha in die hartjie van die Otavi-bergreeks. Die lodge staan in die skadu van maroela- en tambotibome en bied 'n uitsig oor die rustige, asemrowende landskap. Dit is net 30 km noord van Otavi op die B1-roete op pad na Tsumeb, Etosha Nasionale Park en Kavango, en verskeie wildspesies kom hier voor.

Ons het 10 kliphutte met grasdakke wat volgens 'n Afrika-styl ontwerp is. Al die hutte skuil teen die lowerryke heuwel naby Ohange se hoofgeboue. Die hutte is ver genoeg van mekaar af om gaste se privaatheid te waarborg, maar naby genoeg aan die sentrale geriewe. Gaste het 'n direkte uitsig oor die watergat met sy volop wild- en voëllewe en die berge in die verte. Elke hut het 2 enkelbeddens, 'n plafonwaaier, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n en suite-badkamer met 'n oopplan-toilet en wasbak. Die gepleisterde mure en grasdakke hou dit koel wanneer dit warm is gedurende die dag. Voor elke kamer is daar 'n veranda met sitplek vir gaste wat die wild wil bewonder. Die paadjies tussen die bungalows word verlig gedurende die nag vir sekuriteit.

Die lieflike swembad is net 'n klein entjie vanaf die hoofgebou. Dit is teen 'n heuwel en word omring deur 'n patio en 'n grasdak-area waarin gaste kan ontspan. Doendinge by die lodge sluit wildritte, nagritte, begeleide wanderlinge wanneer die son sak, begeleide oggendwanderlinge, natuur- en boswandelinge, voëlkyk, en etes onder die Namibiese sterrehemel in. 'n Bietjie verder weg wag 'n dramatiese vista op die Otavi-bergreeks.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ohange Namibia Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 830 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za