Ollivanders Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ollivanders Estate is 'n B&B in Shongweni, die Vallei van 'n 1000 Heuwels, geleë. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n vakansie of sakewegbreek en dit is sowat 30 minute vanaf sentraal Durban.

Die landgoed kyk uit oor die Shongweni-dam en bewarea. Verblyf by Ollivanders Landgoed bestaan uit 7 kothuise wat uniek en smaakvol versier is. Die eenhede bied slaapplek vir 2 tot 4 gaste en 3 van die eenhede bevat 'n goed toegeruste kombuisie. Al die eenhede sluit tee- en koffiemaakgeriewe in.

'n Smullekker ontbyt word in die eetkamer bedien en 'n heerlike aandete kan teen 'n ekstra koste gereël word. Die landgoed het 'n swembad en 'n braai-area, wasgoeddienste, 'n gastesitkamer en kinderoppasdienste wat vooraf gereël kan word.

Vir die sakereisiger is daar 'n konferensielokaal met standaard toerusting wat gehuur kan word. Troues en ander spesiale geleenthede en versierings kan ook voorsien word. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Ollivanders Estate is ideaal geleë en sowat 10 tot 20 minute se ry vanaf Hillcrest en Pinetown wat verskeie sakegeriewe, winkels en restaurante, hospitale en ander trekpleisters bied.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ollivanders Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za