+44

On The Beach @ South Sands no 2

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 251 Stoppel Place, South Sands no 2, Munster, Glenmore Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

On the Beach @ South Sands no 2 bied gerieflike verblyf in 'n selfsorgdupleks. Dit is in die Suidkus-dorpie Munster, Glenmore Beach geleë en is aan die voorkant van die kompleks waar daar 'n sekuriteitshek is wat direk na die strand lei. Die South Sands-kompleks is veilig met 'n elektriese heining en die eenheid het 'n alarmstelsel en laserstraal-sekuriteit op die boonste en onderste dek.

Dié dupleks bied lieflike see-uitsigte en gaste kan die branders hoor, kyk hoe skepe verbyry, of sekere tye van die jaar die dolfyne en walvisse sien. Die boonste en onderste dek, asook al die slaapkamers het see-uitsigte, maar die uitsig vanaf die boonste dek is die skouspelagtigste.

Daar is 'n sitkamer met stapeldeure op die boonste verdieping wat na die dek lei. Dié verdieping het ook 'n kombuis, eetkamer en die hoofslaapkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die balkon lei van die slaapkamer af na die dek.

Die onderste verdieping beskik oor 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens, asook 'n slaapbank en 'n yskas-vrieskas. Die 2 onderste slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak het. Albei slaapkamers lei na 'n onderdakstoep met gemaklike sitplek vir 12 gaste op die 2 houtbanktafels.

Die eenheid het 3 yskas-vrieskaste, 'n oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër, 'n Webber-braai Die onderste stoep het 'n medium-houtskoolbraai. Gaste kan DStv, Showmax en Netflix op die TV kyk wat 'n slimboks het. WiFi word voorsien. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en die slaapkamers op die onderste verdieping het elk 'n staanwaaier. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie ? 'n motorhuis vir 'n mediumgrootte-voertuig en 1 oop parkeerplek.

Glenmore Beach is skilderagtig en het die ruïnes van die Nightingale, wat in 1933 op die rotse langs Glenmore Beach gestrand het. 'n Deel van die wrak, warmwatertenk en silinder kan op die rotse gesien word en is toeganklik tydens laagwater. Glenmore is 'n lieflike swemstrand met welige plantegroei en 'n natuurlike staproete aan die ander kant van die strandmeer. Daar is verskeie restaurante en besienswaardighede in die area.

Neem asb. kennis, hoewel die uitsigte skouspelagtig is, dat daar trappe is wat na die eenheid lei wat dit onprakties maak vir gaste met gestremdhede.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Quintin P
Gesin met klein kinders
5.0
Best family vacation ever. Amazing views from everywhere in the house, peaceful and beautiful. Our family had a wonderful time, and the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025
Logan R
Gesin met tieners
5.0
Very nice and enjoyable. Peaceful and comfy with good memories.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Marieta V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker plek met 'n baie mooi uitsig. Ons het lekker gebly. Gerieflike plek met 'n baie mooi uitsig. Die diens is ook baie goed. Ek sal dit aanbev...
Sien meer
Nov 2024
Margaret V
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous. Moet weer gaan! Uitstekend toegerus, pragtige uitsig. Ons het baie baie lekker gebly. Was spyt dat ons nie vir langer bespreek het nie. Hoog...
Sien meer
Jul 2024
Marne V
5.0
It was an amazing, restful vacation. On The Beach @ South Sands no 2 is an amazing place to stay on the south coast, just a few meters ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Alan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 251 Stoppel Place, South Sands no 2, Munster, Glenmore Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink On The Beach @ South Sands no 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 251 Stoppel Place, South Sands no 2, Munster, Glenmore Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd045b165405c98a7aa3df903eb3c880acd027d34989c7a0bb2272b1d3e163fc4499b73f0c48ced1fd21cc7de4b5abae5310?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 251 Stoppel Place, South Sands no 2 Munster, Glenmore Beach 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -31.008194054029 30.258842814087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang