Kameeldrift-Oos Akkommodasie by Onder die Windpomp | LekkeSlaap
+16

Onder die Windpomp

33 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brugweg 327, Kameeldrift, Pretoria, 0159, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Onder die Windpomp is geleë in Kammeeldrift-Oos in Pretoria en is na aan die N1-hoofweg met maklike toegang. Ons bied hoë kwaliteit, veilige verblyf vir vakansiegangers en sakereisigers.

Die gastehuis bied 4 aparte kamers, elkeen met sy eie en suite-badkamer. Die Springbok eenheid bied slaapplek vir 2 gaste en het sy eie kombuisie, 'n klein leefarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die Beeskraal eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n kombuis, 'n leefarea en braaigeriewe. Die Tarentaal-eenheid bied slaapplek vir 2 gaste en het 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie en 'n klein sitarea.

Zebra is 'n gesinseenheid met 'n aparte hoofslaapkamer. Die leefarea is ruim en het 'n afskorting met 2 enkelbeddens. Die sitkamer het 'n kombuisie wat vir selfsorg gebruik kan word.

Elkeen van die kamers het koffie- en teemaakgeriewe en ook 'n bietjie beskuit vir 'n bederf in die oggend. Die eiendom het meer as genoeg veilige parkeerplek vir jou motor. Die hele perseel is omhein met elektriese heinings en daar is geslotekringtelevisie om jou gemoedsrus te verseker. Ontbyt is beskikbaar teen 'n ekstra R50 per persoon en R30 vir kinders onder die ouderdom van 12.

Perdryritte vir kinders kan ook vooraf gereël word en jy kan visvang in die klein dam. Onder die Windpomp is geleë na aan verskeie plaaslike trou-plekke in en om Kameeldrift.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 33 resensies vir Onder die Windpomp
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Brugweg 327, Kameeldrift, Pretoria, 0159, Gauteng
  • Gaste dink Onder die Windpomp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brugweg 327, Kameeldrift, Pretoria, 0159, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3OGQ4NmZhLTJmNzQtNDM1Mi1hNDJiLTJlMWM5ZTg0MzNkMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 327 Brugweg Kameeldrift 0159 Gauteng 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.666930996641 28.340294404755
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za