One on Bollard

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

One on Bollard bied B&B-verblyf in die pragtige Leisure Isle in Knysna. Die perseel is sowat 100 m vanaf Bollard Bay se strand, die ideale swemstrand met 'n uitsig op die Knysna-koppe. Die perseel is sowat 600 m van Steenbok Natuurreservaat met sy verskeidenheid voëlspesies af.

Dié B&B bied verblyf in 5 luukse suites wat elkeen sy eie privaat tuin en buite-stort het. Elke suite het tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging met warm en koue verstellings, 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, 'n werksarea met 'n USB-poort, WiFi, linne, 'n kroegyskassie, digitale kluis, strandhanddoeke, 'n strandsambreel en -mandjie, klerekaste en pakplek vir tassie, 'n spieëltafel, haardroër, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak, verhitte handdoekreling en 'n buitestort met warm en koue water vir elke eenheid, asook veiligheidshortjies op al die vensters en deure, en blindings voor die slaapkamerdeure en -vensters.

Die B&B bied 'n swembadarea, 'n sitarea met 'n vol DStv-pakket en 'n kaggel. Gaste kan ook van die kajakke en fietse gebruik maak. Wasgoed word nie op die perseel gedoen nie, maar daar is 'n wasgoeddiens naby indien dit nodig is.

One on Bollard is ideaal vir diegene wat besienswaardige langs die Tuinroete wil verken soos staproetes deur die woud, gholf, bergfietsry, seil, watersport en tennis.

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na One On Bollard gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za