Marlothpark Akkommodasie by Ons Kiene Huis | LekkeSlaap
+18
+18

Ons Kiene Huis

2 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 3339, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ons Kiene Huis is 'n selfsorghuis in Marlothpark, 'n 3000 hektaar-bewarea en -vakansiedorp wat op die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga geleë is. Dit is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek wil besoek en bied jou die geleentheid om die Groot 5 te sien. Die ingang na die Krugerwildtuin is net 5 minute se ry ver en Ons Keine Huis is net 50 m van die park se heining af. Dit kyk uit oor die Krokodilrivier en bied 'n pragtige uitsig oor die park.

Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n ingeboude gasstoof en 'n elektriese warmplaat, 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, 2 yskassies, ysmasjien, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n waterfiltreerder, so gaste hoef nie gebottelde water te koop nie. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n TV met 'n DVD-speler en baie DVD's. Gratis WiFi is beskikbaar, asook 'n CD-speler/radio met meer as 50 CD's. Gaste kan die boeke op die boekrak lees en daar is 'n Canon-drukker.

Die huis het 4 terrasse, 'n verhitte swembadjie, 'n pragtige tuin, parkeerplek in die motorhuis, 2 bergfietse, 2 gholfstelle, 'n teleskoop en verkyker. Daar is 3 gholfbane in die omtrek.

Die eenheid het 'n braai-area op die laer terras en daar is 'n gasbraai met 4 branders, 'n kantbrander en 'n kassie wat gaste gerus kan gebruik.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons Kiene Huis sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Ons Kiene Huis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Seekoeiweg 3339, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Ons Kiene Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 3339, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4W90gG4DSsZ9Bp6Js5GtCHu79gRM25n7qf8usllkhHpxNB1ifH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 3339 Seekoei Road Marloth Park 1340 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-17:00 10:00 -25.340558175281 31.81204217791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za