Ons Strandhuisie

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Ons Strandhuisie is 'n selfsorghuis wat in die Pearly Beach Oord in die oulike kusdorpie Pearly Beach geleë is.

Die tweeslaapkamer-eenheid is ideaal vir gesinne en bied slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer beskik oor 'n toilet en stort.

Die huis het ook 'n oopplan-sitkamer en -kombuis met 'n binnebraai asook 'n slaapbank en enkelbed. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond en gaste kan lekker ontspan in die sitkamer voor die TV. Die TV het 'n DStv-koppelpunt, so bring gerus jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam.

Die huis is ideaal geleë, net 'n kort afstand van die winkel af waar jy die basiese benodighede kan aanskaf. Dit is ook naby die petrolpomp, speelpark, wassery en die strand wat veilig is vir swem en hengel.

Gansbaai is die naaste dorp en is ongeveer 21 km ver en avonturiers kan haaihokduik daar op die proef stel.

Slaapplek

'n Bespreking by Ons Strandhuisie sluit in:

3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ons Strandhuisie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R808 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za