Groot-Brakrivier Akkommodasie by Ons Werf Self-Catering Accommodation | LekkeSlaap
+40

Ons Werf Self-Catering Accommodation

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansweg 11, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ons Werf Self-Catering House is 'n luuks gemeubileerde, moderne selfsorghuis met 3 dubbel en suite-kamers. Die verblyf bied pragtige uitsigte oor Groot-Brakrivier, die strandmeer en die Outeniquaberge in die verte.

Die huis kan as 'n eenheid met slaapplek vir 6 gaste verhuur word of, indien beskikbaar, kan die 3 kamers apart verhuur word en slaapplek bied aan 2 gaste per kamer. Gaste deel dan die gemeenskaplike areas. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met bad of stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n deur wat na die tuin lei. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n kombuisie, ontbyttafel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die woonkamer maak oop op die veranda met braaigeriewe en 'n uitsig. Die wasgoedkamer is toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Ander geriewe sluit 'n kaggel en elektriese komberse in. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die eenslaapkamerwoonstel het sy eie trappe en ingang vir privaatheid. Dit is luuks gemeubileer met 'n koningingrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, 'n kombuisie en 'n woonkamer. Die woonkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n slaapbank vir 'n kindjie. Daar is elektriese komberse en 'n kaggel. Die eenheid maak oop op 'n veranda met pragtige uitsigte en 'n ingeboude braaiplek. Gratis WiFi.

Die selfsorg-eenheid het 'n oopplan-leefarea met 'n TV en sekere DStv-kanale, 'n kombuisie en 'n ontbytarea. Daar is 'n afskorting wat die slaaparea met sy dubbelbed en badkamer-area skei van die res van die woonstel. Dié eenheid het nie 'n uitsig nie, maar is ideaal vir 'n paartjie wat klomp plekke wil verken. Daar is ook 'n slaapbank vir 'n kindjie indien nodig. Gratis WiFi.

Daar is parkeerplek onder skadubome, op die perseel beskikbaar.

Ons Werf is op die Tuinroete, halfpad tussen George en Mosselbaai. Dit is net 15 minute vanaf George Lughawe en Hartenbos met al sy doendinge, veral vir die jongspan. 'n Hele paar puik strande is maklik bereikbaar van hier af. Die Tuinroete is natuurlik 'n lushof vir motorfietsryers. Hier is goeie paaie in die omgewing, bergpasse, Roete 62, die Langkloof, asook mooi grondpaaie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 8 resensies vir Ons Werf Self-Catering Accommodation
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Kaaimansweg 11, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Werf Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansweg 11, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3ODhhNjQwLWEwNDgtNDJkZC1iZWZhLTUxYmJjMjhjZGZmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 11 Kaaimans Way Groot Brakrivier 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.055293472241 22.214624703013
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za