Oornag

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 35 % af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Oornag is 'n gerieflike selfsorg-eenheid in 'n stil buurt in Pretoria. Dis ideaal vir sakereisigers of oornagverblyf.

Die eenheid het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank in die sitkamer vir 'n kind van jonger as 12 jaar. Die badkamer het 'n stort.

Die kombuis is oopplan en het 'n tweeplaatstofie met 'n oondjie, 'n mikrogolf, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Verder is daar 'n etenstafel en die sitkamer het 'n TV met Showmax en Netflix. WiFi is ingesluit.

Die eenheid lei na 'n privaat dek met braaigeriewe. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Ons laat ongelukkig nie troeteldiere toe nie.

Oornag is sentraal geleë en bied gerieflike toegang tot hoofsnelweë (N4 Rossouw St/M13 - 2 minute en N1 Lynnwood (6 minute), winkelsentrums, The Grove Mall (6 minute), Life Wilgers-hospitaal (6 minute) en meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oornag gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R325 per nag (vir 2 mense)

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za