Ooskus Self Catering Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ooskus Self Catering Holiday Home is in Gordonsbaai net 100 m van die strandfront en 5 minute se ry van die bekende Bikini Beach af.

Dié vakansiehuis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 kamers elk 2 enkelbeddens het en die vierde slaapkamer 'n koningingrootte-bed. Ander geriewe sluit 'n badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet in. Daar is 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, oond en 'n wasmasjien. Die eenheid het 'n TV en DStv, WiFi, 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank, ingeboude kaggel en 'n buitestort en -wasbak wat na die binnehof lei. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en 'n vistenk vol kleurvolle koi-visse.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n vermaakkamer met 'n pooltafel, losstaande kroeg, binnebraai, pizza-oond en TV in. Hierdie kamer bied toegang tot 'n patio. Vars linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Daar is gratis tee, koffie en melk.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir 3 voertuie en troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf met die eienaar gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Ooskus Self Catering Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ooskus Self Catering Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za