Oppiplot

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oppiplot is 'n selfsorg-gastehuis in die dorpie De Aar in die Noord-Kaap. Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing waaronder die Doornkloof Natuurreservaat en die Olive Shreiner House Museum.

Ons bied verblyf in 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die ander 'n dubbelbed het. Die eenhede het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n aparte ingang en 'n kombuisarea met 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en 'n stoofplaat. Ander geriewe in die eenhede sluit lugversorging, 'n patio met braaigeriewe, DStv en gratis WiFi in.

Gaste kan ook die plase Nooitgedacht, Brandfontein en Damfontein vir hul rotskuns besoek. Daar is verskeie natuurreservate in die omgewing of jy kan die Hanover Museum gaan verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Wildritte

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppiplot gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]