Ruiterbos Akkommodasie by Outeniqua Moon Percheron Stud & Guest Farm | LekkeSlaap
+171

Outeniqua Moon Percheron Stud & Guest Farm

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Mrt 2020 tot 31 Mei 2020.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R328, , Mosselbay, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Outeniqua Moon Percheron Stud and Guest Farm bied uitstekende selfsorgverblyf in die platteland, en is tussen die Outeniekwaberge en die strande van Hartenbos en Mosselbaai geleë. Dié gastehuis bied ’n 25 m-lange swembad buite, braaigeriewe asook ’n speelgrond vir kinders.

Outeniqua Moon het 4 ruim selfsorg-suites wat elegant versier is en daar is kamers wat slaapplek aan tussen 2 en 6 gaste bied. Gate wat hier bly sal beslis ’n onvergeetlike ervaring hê: ons doelwit is om die swaar Percherons (die sagmoedige reuse) te red en die betowerende verhouding tussen perde en mense te herstel. Hierdie majestueuse diere kan gaste en dagbesoekers op ’n rit op die plaas neem. om te wys hoe mens die aarde, die perd en onsself kan herontdek; om die naatlose en vreedsame verhouding tussen onsself en die natuur te herskep. Doendinge sluit voetslaan, bergfietsry en ’n pragtige sprokiesspeelgrond vir die jongspan. Keinbrak en Hartenbos se strande is slegs 15 minute se ry van ons instansie af.

Al die suites het privaat ingange en verandas. Die leefareas in al die suites sluit 'n platskerm-TV en DVD-speler en 'n eetarea in. Koninggrootte- en enkelbeddens is beskikbaar in al die slaapkamers en daar is 'n koningingrootte-hemelbed in die Wittebrood-suite. Die badkamers het almal storte en groot Victoriaanse baddens; die kombuise is toegerus met oonde met 2 plate, mikrogolwe, yskaste, ketels, roosters en al die nodige kombuistoerusting en braairoosters.

Hiér sal jy omring word deur berge en reuse perde asook die vryheid van sonvoëls. Ons glo in eenvoudigheid en kinders en volwassened kan weer een word met die natuur en perde, en die skoonheid van die omgewing geniet. Alle diere op die perseel is vriendelik en die personeel by Outeniqua Moon gaan uit hulle pad om vriendelik en behulpsaam te wees.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Outeniqua Moon Percheron Stud & Guest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • R328, , Mosselbay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Moon Percheron Stud & Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 000
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
was R1 000
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R328, , Mosselbay, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkMzRiZTY4LWNlNGYtNDE4MC05YzVkLTNjMjFkNjFjNTQ0OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 000, nou Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 R328 Ruiterbos 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.956051 22.043402
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za