Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Outeniqua Strandhuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Outeniqua Strandhuis bied selfsorgverblyf in 2 pragtige selfsorg-eenhede in Outenikwastrand, Grootbrak-Rivier. Dié eenhede het pragtige see-uitsigte.

Die Strandhuis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 'n dubbelbed sowel as 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders het. 'n Stort, bad, wasbak en toilet is in die tweede badkamer beskikbaar en die derde badkamer het 'n stort.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis, eet- en leefarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasmasjien, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar.

Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Die sitkamer het 'n kaggel, gemaklike sitplek, 'n TV en gratis WiFi. 'n Skuifdeur bied toegang tot 'n groot balkon met 'n houtvuur- en gasbraai.
Die huis het ook sonpanele so daar is krag tydens beurtkrag.

Die Strandhuis Woonstel het een slaapkamer met 'n koningingrootte bed vir 2 volwassenes en daar is n slaapbank in die sitarea, geskik vir 2 kinders onder 12 jaar. Dit het 'n privaat ingang sowel as 'n see-uitsig. Die badkamer het 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n aparte toilet.

Daar is 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf en ketel toegerus. Die leefarea het 'n TV en DSTV.

Die woonstel is op die grondvloer en het sy eie boma, braaigeriewe en grasperk.

Die eenhede is naby aan die strand, 15 km vanaf George Lughawe, 20 km vanaf George en 29 km vanaf Mosselbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Outeniqua Strandhuis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Eleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 2

Ligging

  • Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc59f40b042cfd917fba2172a596bb83ba739d90027ff1bfd213a71da04b9e40540665baabee6dc1a7b77377c797fb8e6ff0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 8 Meelogie Avenue Outeniqua Strand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.046719425259 22.289624490648
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem