Blanco Akkommodasie by Outeniqua Travel Lodge | LekkeSlaap
+44

Outeniqua Travel Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Montagu-weg 19, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R660 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Outeniqua Travel Lodge het oor die jare bekendheid verwerf as die beste waarde-vir-geld-akkommodasie in George. Dit was nog altyd gewild onder internasionale toeriste danksy die gesellige atmosfeer, pragtige tuin en bekostigbare tariewe.

Outeniqua Travel Lodge is onder direkte eienaarsbeheer en –bestuur. Die gastehuis is geleë in die geskiedkundige Montaguweg en is binne sigafstand vanaf Fancourt. Dit is net 7 minute se ry van Georgelughawe af.

Die gebou is meer as 'n eeu oud en is smaakvol gemeubileer met outentieke meubels en dekor.

Daar is 6 ruim en suite-kamers en die karaktervolle stoep moedig gaste aan om lekker te ontspan, gesellig te wees en die reuk van tuisgekweekte rose en vars koffie te geniet.

Drie van Suid-Afrika se beste gholfbane is net oorkant die pad geleë en vir daardie rede gaan jy selde gholfspelers op die stoep vind. Daguitstappies na Oudtshoorn om die Kangogrotte, volstruisplase en die Wildlife Ranch te besoek, kan deur die gastehuis gereël word. Hulle is ook behulpsaam met die bespreking van avontuuraktiwiteite. Heroldsbaai is net 15 minute se ry straataf. Die mees geskiedkundige en skilderagtige bergpas, die Montagu-pas, begin net 2 km hiervandaan.

Die lughawependeldiens, veilige parkeerplek en WiFi is gratis.

Aangesien die lodge troeteldiervriendelik is, verwelkom hulle graag goedgemanierde troeteldiere en sal hulle selfs per geleentheid gaste se troeteldiere oppas.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 49 resensies vir Outeniqua Travel Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Montagu-weg 19, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Travel Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Blanco George Wes-Kaap
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Montagu-weg 19, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANDcGVymKh0W3gPUJtbEKYdXrs1GeL9FyqlPj5lCUtmQ1piLFEs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R660  per nag (vir 2 persone) 49 5 1 5 19 Montagu Road George 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -33.948669 22.408474
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za