Palm Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Palm Lodge skuil in die hartjie van Amanzimtoti, 'n kusdorpie met 'n subtropiese klimaat en uitgestrekte goue strande. Dis veral gewild onder branderplankryers en duikers wat die wêreldbekende Aliwal Shoal net langs die kus kom besoek. Dié dorp bied verskeie winkelsentrums, vermaakplekke en natuurreservate.

Daar is 8 gastesuites waarvan 6 lugversorging en die ander 2 waaiers het. Elke kamer is individueel versier en het 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Heerlike Engelse of Kontinentale ontbyt is by die tarief ingesluit.

Die suites het 'n aparte ingang wat privaatheid bied en daar is elegante gemeenskaplike sitkamers, swembad en kuierarea. Daar is ook 'n pragtige tuin met 'n vreedsame atmosfeer. 'n Volledige à la carte-aandete is beskikbaar, mits dit vooraf gereël is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Palm Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za