LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Paradise Holiday Resort | LekkeSlaap
+79

Paradise Holiday Resort

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paradise Holiday Resort is in Southbroom en bied lieflike verblyf aan groepe of gesinne.

Verblyf op die oord is beskikbaar in verskeie houthuise en chalets, elk met slaapplek vir 2 - 4 gaste. Die eenhede word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Gaste moet asb. hul eie badhanddoeke saambring.

Die Timber Log Cabins bied elk slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eenhede het elk 'n oopplan-kombuis, eetarea en 'n sitkamer met 'n TV en OpenView-kanale. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaarte saambring. Die leefarea lei na 'n dek met braaigeriewe.

Die Little Log Cabin het slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid het ook 'n oopplan-kombuis en ontbythoekie.

Die oord het 'n rits doendinge soos 'n swembad en kinderswembad, 'n speelarea vir kinders, trampolien, klimraam, vlugbal, pooltafel en meer. 'n Snoepie en wasgoeddiens is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Paradise Holiday Resort is 3 km vanaf Marina-strand en Umkobi-strand, 19 km vanaf South Coast Mall en 20 km vanaf Shelly Centre. Southbroom het 'n verskeidenheid doendinge soos visvang, swem, branderplankry, duik, gholfspeel, voetslaan en bergfietsryroetes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Paradise Holiday Resort
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Paradise Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R61, Canaan, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA05NA5baiwCbpWNzUuzOFHxBdQGDWZz4ahDIl1in71ESUuuoXjQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 Off the R61 Canaan 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.921320504984 30.295586932541
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!