Paradise Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paradise Sands is aan die buitewyke van Jeffreysbaai op die Tuinroete. Dit bied aan gaste 'n onvergeetlike, veilige en ontspanne wegbreek.

Hierdie 5-ster-selfsorgeenhede is reg op Paradys-strand geleë en het onoortreflike uitsigte oor die see met magiese sonsopkomste en sonsondergange. Elke eenheid is ten volle gemeubileer, en het lugversorging, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sit- en eetarea. 'n Ingeboude braai en ondervloerse verhitting dra by tot die gerief.

Albei eenhede het 3 slaapkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het dubbelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder. Die badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Die eenheid het ook 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis wat vir selfsorg toegerus is, en daar is 'n stoep.

Die volgende gemeenskaplike geriewe is beskikbaar: 'n wassery, kuierarea, binnenshuise swembad, stortkamer met toilette vir mans en dames, asook tafeltennis, veerpyltiebord, vingerbord en braaigeriewe. Veilige kelderparkeerplek met afstandbeheer en 'n hysbak is beskikbaar.

Paradise Sands is minder as 2 km vanaf die Seekoeirivier Natuurreservaat, Die Walskipper Restaurant en Paradise Beach. Die Happy Hippo Speelplaas, Potters Place en Jeffreysbaai se Skulpmuseum is net 5 km van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paradise Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za