Patryskraal Farm Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Patryskraal Farm Cottage is op 'n werkende plaas, slegs 17 km vanaf Bredasdorp geleë. Die plaas is die ideale plek om tuis te gaan om die De Hoop Natuurreservaat te verken. Die pragtige, eiesoortige kothuis is ideaal vir 'n klein gesin of 'n romantiese wegbreek in die Overberge.

Die oopplan-woonstel het 'n private badkamer met 'n stort en 'n bad, 'n goed toegeruste kombuise, woonvertrek en 'n koningingrootte-bed. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstofie. Die woonvertrek het 'n eetkamertafel, ingeboude rusbanke, 2 slaapbanke en 'n kaggel.

Die kothuis is op dieselfde eiendom as die hoofhuis geleë, alhoewel dit heeltemal privaat is, met sy eie ingang en 'n klein tuintjie. Die 2 word deur 'n dubbelmotorhuis geskei.

Doendinge soos stap- en drafroetes, en bergfietsry kan op die plaas geniet word.

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Patryskraal Farm Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za