Pat's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pat's Place is in die pragtige dorpie Hermanus geleë, 'n pragtige kusdorpie aan die Kaapse suidkus van Suid-Afrika. Dis reeds van sy ontstaan uiters gewild as 'n vakansiebestemming en is een van Suid-Afrika se mees geliefde vakansieplekke. Dit staan bekend as "die Riviera van die Suide" en is die beste landgebaseerde walvisbesigtigingsplek in die wêreld.

Ons bied gerieflike, privaat en ruim verblyf. Alle kamers is en suite met die keuse van 'n bad en stort. Elkeen van die beddens is ekstra lank met luukse, spierwit perkalkatoenlinne en donsige, ekstra groot handdoeke. En dan is daar die ontbyt! As die weer dit toelaat, word 'n heerlike volledige Engelse ontbyt, met die gebruik van slegs vars bestanddele uit die Hemel-en-Aarde-vallei, bedien op die stoep onder 'n ou eikeboom waar jy die pragtige berg-uitsigte kan geniet. Suzanne is beroemd vir haar smullekker disse.

Om dit alles te kroon het Pat's Place 'n heerlike privaat swembad in 'n onbeskryflik tuin waar jy die rustigheid en sjampanje-lug kan absorbeer sonder om te beweeg!

Die gastehuis is gerieflik geleë 'n hanetreetjie vanaf die middel van die 12 km-lange kranswandelpaadjie, omring deur fynbos, en 'n menigte van walviskykplekke bied. Die Hermanus Gholfbaan, winkels, skoonheidsalon en 'n gimnasium met sauna en sonbeddens is amper op die voorstoep en die senter van die dorp binne maklike stapafstand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pat's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za