Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paulandi - Leeupoort

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel, hef die instansie ook 'n eenmalige R420 administrasiefooi per bespreking.

Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls

Neem alle swartsakke met rommel na die dorp se ingangshek met jou vertrek – daar is ‘n versamelpunt vir die rommel. Leeupoort het geen straatvullisverwyderingsdiens nie en vullis wat agtergelaat word is ‘n gevaar vir die diere. Indien jy dit nie doen nie sal ons ongelukkig ‘n rekening van R100 moet stuur vir die koste wat ons die skoonmaakdienste moet betaal om dit te verwyder.

Alle skottelgoed moet asseblief afgedroog en weggepak word, moenie jou skottelgoed vir die skoonmaakdientste agter laat nie.

Moenie kinders sonder volwassetoesig op die klimraam toelaat nie. Ons neem geen verantwoordlikheid vir enige beserings nie en die gebruik van die klimraam is slegs op eie risiko.

Rook is verbode in die eenheid en gaste mag slegs buite rook en die asbakkies wat voorsien word gebruik.

Moet onder geen omstandighede ’n vuur onbeman laat nie! Blus ’n vuur met water nadat dit klaar gebruik is. Neem asseblief die as saam met jou vullis die dag met vertrek.

Vermy geraasbesoedeling – dit versteur die diere en ander mense.

Moenie rommel strooi nie.

Indien jy nie by die eenheid is nie, sluit die deure en venters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.

Die rioolsisteem is ’n septiesetenk wat oorloop na ’n stapelriool (“French drain”); dus versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet af te spoel; geen voorwerpe nie. Dames maak gebruik van die asblik vir die weggooi van sanitêre afval.
Moet geen sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit het ’n invloed op Leeupoort se watertafel.

Die spoedbeperking in die dorp is 25 km/h. Wees te alle tye op die uitkyk vir wild wat moontlik voor die motor kan inloop.

Let asseblief op na die 823 ha wildskamp se hektye op die bord en hou daarby.

Die vlieg van hommeltuie is streng verbode in Leeupoort Vakansiedorp.

Geen troeteldiere, vuurwerke, vuurwapens of vierwielmotorfietse word toegelaat nie.

Jag en visvang in Leeupoort is streng verbode.

Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat – geen klippe, plante, hout of diere mag verwyder word nie.

Respekteer te alle tye die wild en moet onder geen omstandighede die diere tart, jaag of terg nie.
Onthou altyd: Alhoewel die wild besonder mak lyk, bly hulle wilde diere. Moet asseblief nie die risiko neem om hulle soos mak diere te hanteer nie.

Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.

Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van enige aard hoegenaamd gely of aangegaan deur enige persoon wat toegang het of gebruik maak van hierdie fasiliteit nie.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Buffalostraat 1016, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb4faaafe2a3f1cd44cac46288e4fad5a64800cddfd35b2829fbc7eecb8e66c2a128b8f3618b222d526111862dc8e118c5f10?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 1016 Buffalo Street Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -24.923950959548 27.645059823935
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem