Peace Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peace Cottages is in die ontspanne kusdorpie Uvongo geleë. Die kothuise is net 400 m van Uvongo se strand en 4,6 km van Margate se strand af.

Verblyf word in 4 goed toegeruste selfsorgeenhede gebied. Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis en 'n sitkamer. Die slaapkamers het dubbel- of enkelbeddens. Al die eenhede het TV's met DStv-koppelpunte. Gaste moet asb. hul eie dekodeerders en slimkaarte saambring. Bring asb. jou eie handdoeke en vadoeke saam.

Die eenhede is in 'n groot, welige tuin geleë en elkeen het sy eie braai-area. Daar is parkeerplek op die perseel agter 'n geslote hek beskikbaar. Gaste mag hul troeteldiere saambring, mits dit vooraf gereël word.

Daar is verskeie restaurante, winkels, kroeë en 'n gewilde area vir gholf in die dorp. Ywerige gholfspelers kan by die Uvongo Gholfbaan en die nabygeleë Southbroom Gholfbaan, Margate Country Club en San Lameer Buiteklub gaan gholf speel. Dis naby die bekende visvangplek, Orange Rocks, Oribikloof en Wild Coast Casino.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Peace Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za