Pearl Oyster Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pearl Oyster Guesthouse is in die stil en rustige deel van St. Francisbaai geleë, nie ver van die hawe van Port St Francis af nie.

Dié gastehuis bied gerieflike verblyf in 4 slaapkamers op die eerste vloer. Elke gastekamer het 'n en suite-badkamer en 'n koffiestasie, yskassie, TV, verwarmer en 'n waaier. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat toegerus is vir basiese selfsorgdoeleindes. Die opwas van eetgerei en breekware word deur die personeel van die gastehuis gedoen tot 10:00 daagliks. Daar is 'n gemeenskaplike vermaakarea met 'n TV, kroeg en 'n buitebraai-area. Gaste moet hul eie drankies saambring aangesien die gastehuis nie op die oomblik 'n dranklisensie het nie. Ys is beskikbaar.

Diegene wat langer bly se linne word elke vierde dag omgeruil, maar kan meer gereeld omgeruil word indien nodig. Badhanddoeke word gereeld vervang. Swemhanddoeke word nie voorsien nie en gaste mag nie die badhanddoeke vir dit gebruik nie. Die kamers word Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 13:00 skoongemaak.

Ontbyt word teen 'n ekstra koste bedien en gaste moet die aand voor die tyd aandui wat hulle verkies. Spyskaarte word voorsien. Ontbyt word tussen 07:30 en 09:30 bedien.

Veilige parkeerplek is op die perseel vir gaste beskikbaar. Net 1 voertuig word per kamer toegelaat en waentjies word as voertuie gesien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pearl Oyster Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za