Pecan Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pecan Cottage is 'n ruim gerieflike gemeubileerde selfsorgkothuis of B&B weeksdae vir sakereisigers wat tussen pekanneutbome op 'n klein plasie skuil. Dit bied slaapplek vir 4 plus dagbed

Dié houtkothuis beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n buitestort en buitetoilet (puputree) deel. Water word deur 'n gas-geiser voorsien. Die buitestort het 'n donkie-geiser en hout is ook beskikbaar. Seep en sjampoe word voorsien. Die een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Enkeldagbed is ook beskikbaar. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien en in die winter heerlike warm lakens. Elke slaapkamer het ook lugversorging. Gaste moet asb hulle eie swemhanddoeke saambring. Binnekort is die groen dam gereed en kan daar heerlik in die water baljaar word.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, en alle eetgeriewe en breekware. Tee, koffie en suiker word voorsien. Daar is 'n etenstafel binne en buite op die stoep. Ontbyt kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word gedurende naweke. Gaste kan in die sitkamer ontspan wat 'n TV met DStv het.

Daar is 'n onderdakstoep en braaigeriewe en die nodige braai-toerusting. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar teen 'n klein ekstra koste gedurende naweke. Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word. Die kothuis is omhein en u diere is veilig of kan vry rondloop.

Parkeer onder die druiweprieel in wording.

Sowat 'n uur van die kothuis af is daar 'n staproete na die hoogste piek in Noordwes met 'n hele klomp poele, glyrotse en watervalle al langs die pad.

Slaapplek

'n Bespreking by Pecan Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pecan Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]