Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pelican Point Lodge

Lodge
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Pelican Point-skiereiland, Walvisbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 240 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pelican Point Lodge spog met 'n unieke ligging op die afgeleë Pelican Point-skiereiland in Walvisbaai, met die ongerepte strande van die Atlantiese Oseaan aan die een kant en Walvisbaai se strandmeer aan die ander kant. Hiér sal gaste 'n uitstekende en immer-veranderende uitsig oor die omgewing geniet.

Verblyf word in 10 stylvolle en luukse suites aangebied. Die suites is in die ou hawebeheergebou aan die voet van die vuurtoring geleë.

Elke suite is toegerus om by die klimaatveranderinge van die skiereiland aan te pas. Elke suite het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer, 'n sitarea, 'n bio-eko-kaggel, 'n privaat kluis, 'n haardroër, pantoffels en 'n dek met 'n uitstekende uitsig oor die strandmeer. Die meeste van die suites het badkamers met 2 storte en 2 wasbakke, en die wittebroodsuite het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Gaste kan daagliks 'n heerlike ontbyt en 'n driegang-aandete geniet. Afhangend van die weer word etes in die eetkamer of op die dek bedien. Gaste kan ook ontbyt in hul kamers geniet indien hulle dit so verkies. 'n Driegang-middagete is ook op versoek beskikbaar.

Die lodge bied WiFi in die restaurant, 'n sitkamer waar gaste kan lees, ontspan en 'n drankie kan drink voordat hulle vir ete aansit en 'n dek vanwaar hulle die sonsondergang, sonsopkoms, jakkalse, robbe en pragtige natuurskoon kan bewonder. Gratis koffie, tee, koeldrank en water is beskikbaar.

Snags kan gaste die geroep van die jakkalse hoor terwyl hulle deur die lodge dwaal, luister hoe die ongeveer 3000 robbe met mekaar gesels en die ligstrale van die vuurtoring dophou, en bedags kan gaste kyk hoe die skepe kom en gaan. Geniet die pragtige landskap en ontspan met die gedruis van die branders in die agtergrond.

Om die beste ervaring moontlik te bied, word 'n minimumverblyftydperk van 2 nagte aangeraai.

Met die unieke ligging in Dorob Nasionale Park, is die instansie baie bewus van die omliggende ekosisteem en word alles moontlik gedoen om die koolstofvoetspoor te verminder. Dus loop die kragopwekker net op sekere tye ('n paar uur in die oggend en aand). Die span kan die kragopwekker aanskakel op versoek indien nodig teen ekstra koste. Water word met 'n gravitasiestelsel aangedryf wanneer die kragopwekker nie loop nie.

Pelican Point Lodge kan slegs bereik word deur 'n 4x4 of per boot wat bestuur word deur Pelican Point Lodge. Selfry word nie toegelaat nie. Gaste word deur 'n gids opgetel by die Walvisbaai Lughawe of by Swakopmund of Arandis teen ekstra koste afhangend van die landingstyd. Selfrygaste word om 15:00 afgehaal by die aangewese ontmoetingspunt, afhangend van vooraf bespreking.

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee

Ligging

  • Pelican Point-skiereiland, Walvisbaai, 0000, Erongo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Erongo Namibië
Vanaf
Vanaf R20 240
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R20 240
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Pelican Point-skiereiland, Walvisbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA312271c1ce12af0c066cb919da44dcc6ee78f54ea08f66c68aace949668296504e3e7b6cc765ded268cdb426136f21b39a84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R20 240 per nag, vir 2 mense Pelican Point Peninsula Walvis Bay 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 08:00 -22.891834 14.4354
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem