Pennylane Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pennylane Guest House is 'n tradisionele landelike gastehuis op 'n plaas in die hartjie van die Midlands met die mooiste omgewing, plaaslike gebeurtenisse, uitstekende fynproewer-restaurante en koffiewinkels, verfrissende buitelug-aktiwiteite, historiese landmerke en natuurbewaring.

Dié gastehuis bied 10 gerieflike en suite-slaapkamers met 'n moderne ontwerp. Dit is die ideale blyplek vir 'n wittebrood en 'n ontspanne vakansiebestemming.

Daar is 'n klein restaurant wat ontbyt en aandete bedien teen 'n ekstra koste. Gaste kan die gemeenskaplike braaigeriewe, yskas en mikrogolf op die perseel gebruik of die restaurant en koffiewinkels binne 5 km hiervandaan besoek. Braaipakke is op versoek beskikbaar.

Of jy rustig in die formele sitkamer sit en 'n boek uit ons biblioteek lees, klavier speel of met ander gaste gesels - die atmosfeer bly deurgaans ontspanne. Ander geriewe sluit 'n swembad en 'n tennisbaan in. Daar is verskeie voetslaanroetes in dié omgewing.

Pennylane Guest House is naby aan Lidgetton, in die hartjie van die Midlands Meander in KwaZulu-Natal. Die gastehuis is op die R103, 10 km vanaf die N3 Howick-Noord/Tweedie-wisseling af (Afrit 107), op pad na Leeurivier en is 4 uur se ry van Johannesburg af en 1 uur en 15 minute van Durban af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Russies

Konferensie geriewe

  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pennylane Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir )

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]