Sonheuwel Akkommodasie by Pensão Guest Lodge | LekkeSlaap
+49
+49

Pensão Guest Lodge

22 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magda-straat 11, Sonheuwel, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pensão Gastehuis is aan die buitewyke van Nelspruit in die pragtige Mpumalanga geleë. Die gastehuis bied akkommodasie wat uiters professioneel is, tog sal jy hier so tuis voel soos by jou eie huis. Met asemrowende kamers, elkeen uniek met sy eie atmosfeer en styl, sal jou verblyf onvergeetlik wees!

Dié luukse gastehuis bied al die nodige geriewe en gemak. Ons ligging bied maklike toegang tot alle hoofroetes, Nelspruit Medi-Clinic, winkelsentrums, en die Nelspruit middedorp is net 2 km weg. Dit is dus ideaal vir beide sakereisigers en vakansiegangers. Al ons kamers is luuks ingerig met al die nodige geriewe soos lugversorging, TV, yskassies, tee- en koffiemaakgeriewe (word daagliks aangevul) vir die perfekte wegbreek of oornagverblyf. Die stylvolle kamers gee aan ons instansie 'n unieke gevoel waarby ieder en elk sal aanklank vind. Daar is ook selfsorg-eenhede beskikbaar, hulle is ten volle toegerus met al die geriewe wat 'n huishouding mag nodig kry, soos 'n yskas, stoof/oond, 'n sitkamer, en suite-badkamers, lugversorging en TV.

'n Unieke konferensie-venue is op die perseel beskikbaar wat gemaklik 50 afgevaardigdes kan akkommodeer. Daar is 'n projektor vir aanbiedings, ens. Dit beskik ook oor afstandbeheer om dit meer gebruikersvriendelik te maak. Daar is maaltydplanne beskikbaar vir konferensies, maar dit moet vooraf gereël word, veral ten opsigte van spesiale dieetversoeke.

Ons talle ander geriewe sluit 3 swembaddens, 3 braai-areas, restaurant (maaltye moet gereël word met bespreking), veilige parkeerplek met 'n wag, 'n pendeldiens na en vanaf bestemmings in Nelspruit (kan gereël word) en gratis WiFi.

Geen geraas van enige aard word op die perseel toegelaat nie aangesien die lodge in 'n woonbuurt geleë is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 22 resensies vir Pensão Guest Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Magda-straat 11, Sonheuwel, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink Pensão Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R720
per nag (plek vir 2)
Vanaf R720
per nag (plek vir 2)
Vanaf R720
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magda-straat 11, Sonheuwel, Nelspruit, 1201, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5ODgwMDg3LTI3OTktNGM0ZS05OWYxLTQ0YTgzZTAxNmVmMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R720  per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 11 Magda Street Sonheuwel 1201 Mpumalanga 086 999 0018 12:00-22:00 10:00 -25.490549472195 30.968578309193
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za