Fourways Akkommodasie by Pepperwood Lodge | LekkeSlaap
+25

Pepperwood Lodge

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Nikkelstraat en Platinastraat 18 , Jukskei Park, Randburg, Johannesburg, 2153, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pepperwood is 'n huislike B&B in 'n stil voorstad in Randburg Noord. Ons bied gaste 'n heerlike nagrus en ontbyt. Gaste kan langs die sprankelende swembad onder die groot pekanbome ontspan in die somer, en saans onder die sterre swem. Daar is 'n groot houtkaggel in die sitkamer om jou warm en knus te hou in die winter. Dit is die ideale plek om 'n lekker boek of koerant te sit en lees.

Ons voorsien gaste van hul eie afstandbeheer en sleutels vir onafhanklike toegang tot die perseel. Parkeerplek met beligting en agter elektriese heinings is beskikbaar. Ons is baie gesteld op sekuriteit. Ons het 'n 24 uur-reaksie-eenheid aan diens om gaste se veiligheid te verseker.

Ons bedien 'n Engelse ontbyt, asook 'n ontbyt-buffet. Gaste is welkom om versoeke vir spesiale dieet-behoeftes aan ons te rig. Ons ontbyt is heerlik!

Pepperwood is naby 'n verskeidenheid uitstekende restaurante geleë. Gaste kan ook hiér eet as hulle verkies om nie uit te gaan nie. Die akkommodasie is ideaal vir afgevaardigdes én toeriste. Ons bied 'n lughawe-pendeldiens, asook na verskeie dele in die dorp teen billike pryse.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir Pepperwood Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • H/v Nikkelstraat en Platinastraat 18 , Jukskei Park, Randburg, Johannesburg, 2153, Gauteng
  • Gaste dink Pepperwood Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Nikkelstraat en Platinastraat 18 , Jukskei Park, Randburg, Johannesburg, 2153, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgzZjg1MWQwLTcxYTgtNDg3MC04Y2UwLTg0YWYwNzFiNWRjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 4) 36 5 1 5 18 Nikkel Street cor Platina Street Jukskei Park, Randburg 2153 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -26.039292798218 27.982128113508
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za