Onrus Akkommodasie by Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage | LekkeSlaap
+22

Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumstraat 13, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R4 800 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage is aan Onrus se skiereiland, 'n rustige dorpie sowat 5 km vanaf Hermanus, geleë.

Verblyf word in 2 eenhede gebied naamlik, Die Hoofhuis en Die Kothuis. Die Hoofhuis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 slaapkamers op 3 verdiepings. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 enkelbeddens vir kinders in die solderkamer. Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër, 'n sitkamer, eetkamer en WiFi. DStv is op versoek teen R30 per dag beskikbaar en moet 72 uur voor die inklokdatum bevestig word.

Die Kothuis het slaapplek vir 5 volwassenes en 3 kinders. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed op die onderste verdieping. Daar is nog 2 kamers op die boonste verdieping wat elk 2 enkelbeddens het. Die badkamer op die boonste verdieping het 'n stort en die 2 badkamers op die onderste verdieping het onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Ander geriewe sluit 'n kombuis, sitkamer, eetkamer en DStv in. Skuifdeure lei vanaf die braai-area na 'n kuierarea met 'n onderdakstoep en 2 stelle braaigeriewe.

Die hele perseel is ommuur. Daar is ook 'n afstandbeheerde motorhuis en parkeerplek op die perseel vir 2 voertuie beskikbaar.

Doendinge in die area sluit staproetes, fietsry, en voëlkyk in. Die Vermont-Onrus-Sandbaai-voetpad langs die kus is baie mooi. Onrus is bekend vir sy strand en is 'n gunsteling onder branderplank- en lyfplankryers. Die varswaterstrandmeer is veilig vir kinders. Gaste kan ook snorkel in Harderbaai Marinereservaat se rotspoele en die Davispoel is bekend vir kreeftrek in seisoen.

Slaapplek

’n Bespreking by Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kindermatras vir 2
Area 1
Plek vir 4 persone
2 xKindermatras vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 3 resensies vir Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Arumstraat 13, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Perlemoen - The Main House and Adjoining Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 800
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R4 800
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumstraat 13, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJvtbM9owWK5kwRNlkzUuLjBX30HLF3JhadMWkzBU1K8rUpgTI0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 800  per nag (vir 12 persone) 3 5 1 5 13 Arum Street Onrus 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.41721 19.17419
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za