Petrocelli

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Petrocelli bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vakansiehuis met 2 slaapkamers in die kusdorp Arniston. Die eiendom is 1,4 km vanaf Roman-strand.

Die huis is ideaal vir 'n gesin met klein kinders en daar is oorgenoeg spasie in die veilige tuin. Die huis het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en beskik oor 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n kaggel en 'n TV met 'n skottel in die leefarea. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder of DVD-speler saambring.

Daar is 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 3 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, 'n wasbak en 'n aparte toilet. Die huis het 'n ekstra slaapkamer buite met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Beddegoed, 'n filterkoffiemasjien en 'n wasmasjien word voorsien. Gaste het toegang tot parkeerplek en buitebraaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Petrocelli sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Petrocelli gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za