Pezula - Indian Ocean Splendour - MT8
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maritime-keeromstraat 8, Pezula Golf Estate, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R8 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Dié dubbelverdieping-villa spog met 'n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan en is op die veilige Pezula Golf Estate in Knysna geleë. Die villa is die ideale basis vanwaar gaste die Tuinroete kan verken.
Die villa spog met stylvolle afwerkings, bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n kombuis, 3 sitareas, 'n kroeg, 'n verhitte, binnenshuise swembad en buite- en binne-eetareas.
Al die slaapkamers het dubbelbeddens. Die hoofslaapkamer se skuifdeur lei na 'n privaat balkon met 'n pragtige see-uitsig en dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer se en suite-badkamer het ook 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer se en suite-badkamer het slegs 'n bad en beide die vierde en vyfde slaapkamer se en suite-badkamers het storte, toilette en wasbakke. Daar is ook 'n gastetoilet.
Die ruim oopplan-kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, 'n gasstoof, 2 oonde, 'n mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer is met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die kombuistoonbank dien ook as 'n ontbythoekie. Die kombuis lei na die hoofleefarea waar daar 'n etenstafel met stoele, 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV is. Die groot onderdakswembaddek spog met 'n ingeboude braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Pezula - Indian Ocean Splendour - MT8 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 18
Jare op LekkeSlaap 5
Ligging
- Maritime-keeromstraat 8, Pezula Golf Estate, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maritime-keeromstraat 8, Pezula Golf Estate, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom