Pezula Afternoon Delight NT3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pezula Afternoon Delight NT3 is 'n selfsorgvilla op die veilige Pezula Gholflandgoed in Knysna. Die villa is die ideale basis vanwaar dié deel van die Tuinroete verken kan word.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n aparte stort en bad. Die tweede en derde kamers het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die huis het 'n kombuis met die nodige geriewe om etes gaar te maak. Die leefarea het 'n etenstafel vir 6, 'n kaggel en banke. Die leefarea lei na 'n dek met 'n dak, 2 ketelbraaigeriewe en sitplek wat oor die landgoed uitkyk. Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar in 'n dubbelmotorhuis.

Gaste het toegang tot 'n bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n buiteswembad, klubhuis en 'n tennisbaan. Daar is 'n 5-ster-hotel op die landgoed wat 'n spa, gimnasium, 'n verhitte binnenshuise swembad (met 'n ouderdomsbeperking), 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders bied.

Slaapplek

'n Bespreking by Pezula Afternoon Delight NT3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pezula Afternoon Delight NT3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za