Pezula Eleventh Hole Luxury SW17

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pezula Eleventh Hole Luxury SW17 is 'n selfsorgvilla op die veilige Pezula Gholdlandgoed in Knysna. Die villa is die ideale basis vanwaar gaste dié deel van die Tuinroete kan verken.

Die eiendom het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed, en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad. Die kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook, insluitend kaste met eetgerei en breekware.

Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n kaggel, die sitarea het 'n TV. Die leefarea lei na die kuierarea wat draagbare braaigeriewe, sonstoele en 'n swembad met 'n uitsig oor die gholfbaan se elfde put het. Daar is 'n dubbelmotorhuis met parkeerplek vir 2 voertuie.

Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is 'n vyfsterhotel op die landgoed met 'n spa, gimnasium, binnenshuise verhitte swembad met 'n ouderdomsbeperking, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.

Slaapplek

'n Bespreking by Pezula Eleventh Hole Luxury SW17 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pezula Eleventh Hole Luxury SW17 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 350 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za