Phumula Country Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Phumula Country Manor bied weelderige verblyf met 'n koloniale bekoorlikheid in die rustige Colleen Glen in Port Elizabeth. Dis naby die N2-hoofweg, middestad, Fairview-renbaan, Baywest Mall en Maitlands-strand. Dié plattelandse toevlugsoord is op 'n perdeplaas geleë.

Die herehuis bied 5 en suite-gastekamers en 'n gesinseenheid wat na die legendariese diere wat op die plaas gewoon het vernoem is. Die herehuis het 3 sitkamers met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n biblioteek, volledig toegeruste gimnasium, swembad en 'n stoep met braaigeriewe. Ontbyt kan op die stoep of in die koloniale eetkamer genuttig word. Middagete en aandete kan teen 'n ekstra koste gereël word. 'n Besigheidsentrum met drukgeriewe is beskikbaar en 'n wasgoeddiens is ingesluit.

Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar. Rook is verbode in die gastekamers en daar is aangewese plekke buite waar gaste mag rook. 'n Pendeldiens kan teen 'n ekstra koste gereël word.

Vakansies wat verpersoonlik is kan gereël word, soos 'n vakansie waar jy leer om te ry of 'n polo-vakansie waar jy 'n perd by die instasie kan huur of jou eie perd kan bring. Perdesafaris of rylesse is ook beskikbaar. Strandritte, pieknieks op die strand en 'n verskeidenheid ander uitstappies kan teen ekstra kostes gereël word. Phumula Country Manor is op die Tuinroete geleë en is die ideale basis as jy op van die beste gholfbane op die Tuinroete wil gholfspeel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Phumula Country Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za